The Association of SA Quantity Surveyors
Public Entrance
History
Role of ASAQS
Career as a Q.S.
ASAQS Reports
Code of Conduct
Management
Staff of ASAQS
Building Cost

 

asaqslogo55

Headline DIE BOUREKENAAR - KONSTRUKSIE KOSTE-KONSULTANT

Hierdie inligting is saamgestel deur die Vereniging van Suid-Afrikaanse Bourekenaars en word deur hulle uitgegee ter voorligting van diegene wat meer wil weet oor die beroep en die dienste wat dit lewer.

cityscape1Wat is 'n Bourekenaar?

Bourekenaars is die finansiële konsultante van die konstruksiebedryf. Hul opleiding en ondervinding stel hulle in staat om raad te gee oor kostes en kontraktuele aangeleenthede en om kontrakdokumente voor te berei. Hulle tree in medewerking met argitekte, raadgewende ingenieurs en aannemers op om hul kliënt se belange te beskerm en is onafhanklike professionele konsultante gespesialiseerdegebied van die konstruksiebedryf besondere vaardighede en bekwaamhede verleen.

Onder die Wet op Bourekenaars van 1970 is die reg om die titel bourekenaar te gebruik voorbehou vir die uitsluitlike gebruik van diegene wat die daarin voorgeskrewe kwalifikasies en ondervinding behaal het. In terme daarvan moet sodanige persone registreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir Bourekenaars voordat hulle hul dienste se konsultante aan die publiek mag aanbied.

Bourekenaars word verplig om 'n streng professionele gedragskode te onderskryf wat verantwoordelikheid aan hul werkgewer of kliënt asook hulle beroep, met inagneming van die openbare belang insluit, bepaal dat hulle hulself sodanig gedra dat die waardigheid en goeie naam van die beroep gehandhaaf en dat hulle hul pligte teenoor hulle werkgewers of kliënte klient op bekwame en bedrewe wyse, met volkome eerlikheid en sonder onnodig vertraging sal uitvoer.cityscape2

Die omvang van die dienste wat deur Bourekenaars aangebied word

Praktyke bied normaalweg 'n uitgebreide reeks dienste aan hul kliënt aan, maar neig meestal om in spesifieke rigtings meer ondervinding op te doen en te spesialiseer.

Voornemende kliënte word derhalwe aangeraai om ondersoek in te stel na die besondere ondervinding en dienste waarin bourekenaars spesialiseer voordat hulle ‘n aanstelling aangebied word.

Die dienste wat aangebied word kan as volg wees:

Ramings en advies oor koste-aspekte

  • Ramings en advies oor koste-aspekte tydens alle stadiums van die ontwikkeling van 'n projek is noodsaaklik sodat korrekte besluite, met inagneming van hul finansiële implikasie, geneem kan word.
  • Gesofistikeerde tegnieke, uitgebreide koste-databanke en 'n intieme kennis van konstruksie-ekonomie stel die uitgebreide koste-en 'n intieme kennis van konstruksie-ekonomie stel die bourekenaar in staat om betroubasre advies oor koste-aspekte te gee.

Koste-beplanning

  • Kliënte wil seker wees dat hulle waarde vir geld ontvang - nie slegs in die aanvanklike koste van die projek nie maar ook in die lopende koste en onderhoudsuitgawes daarvan.
  • Koste-beplanning vergemaklik beslissings oor verskillende ontwerpe, ens. met inagneming van die totale begroting, 'n Kosteplan kan dus saamgestel en deur lopend gemonitor word deur die finale koste daarmee te vergelyk.

Advies oor eiendoms-ontwikkeling

  • 'n Gebou moet voldoen aan die funksionele, dimensionele en tegnologiese vereistes waarvoor dit ontwerp is, moet esteties aanvaarbaar wees en binne die kosteperke van die kliënt se begroting opgerig word.
  • 'n Bourekenaar kan voorontwerp-gangbaarheidstudies, wat tegniese en / of ekonomiese ondersoeke behels, onderneem en sodoende kliënte in staat stel om te besluit of, en indien wel, in welke vorm hulle met 'n projek nie voortgaan.

Raadgewing in verband met tenderprosedures en kontraktuele aangeleenthede

  • Die keuse van die doelmatige tipe kontrak vir 'n gegewe projek sal afhang van die aard en besondere vereistes daarvan, die omstandighede waaronder die uitgevoer moet word en die spesifieke vereiste van die kliënt. Die bourekenaar is in staat om, in medewerking met die argitek, die klient te adviseer aangaande die mees voordilige verkrygingsmetode wat beskikbaar is, waaronder die volgende:
  • Kontrakte gebaseer op hoeveelheidslyste, lyste van voorlopige hoeveelhede en skedules van tariewe onderhandele-, rondesom-, bestuurs- en koste-plus kontrakte omvattenende en sleutelklaar-aanbiedings, ens.
  • Alhoewel redelik algemeen aanvaar word dat hoeveelheidslyste die beste, mees ekonomiese en kompeterende tenderpryse tot gevolg het, moet ander beskikbare metodes en tipes tenderdokumentasie sorvuldig bestudeer word in oorleg met die bourekenaar, argitek, ens. voordat 'n finale besluit geneem word

Beheer oor die finansiële aspekte van kontrakte

Waardering van werk tydens konstruksie

Kontantvloeibegrotings

Finale rekening van die kontrak

  • Bourekenaars se primêre funksie is die van kostebeheer. Hulle meet en waardeer werk tydens konstruksie, bepaal die waarde van wysigings wat deur die argitek of ingenieur uitgereik word om te verseker dat aanemers voldoende vergoed word vir hulle werk en dat 'n billike eindkoste van die projek in terme van die kontakvoorwaardes bepaal word. Die bourekenaar, in medewerking met die argitek en ander konsultante verseker dat die finansiële aspekte van die kontrak behoorlik vertolk en toegepas word.

Waardering van eiendom

  • Bourekenaars se kennis en bedrewenheid op die gebiede van koste en kontrakte stel hulle in staat om waardasies van bestaande geboue vir versekerings- en brandskade- onteienings en ander doeleindes te maak, en om as deskundige getuie of raadgewer ingeroep te word of as arbiter op te tree in hof- en arbitrasiesake rakende bougeskille.

Lyste van materiaal en koste daarvan

Bourekenaarsdienste met betrekking tot siviele-, meganiese en elektriese werk

Eiendomsekonomie

Projekbestuur

Snelgangkonstruksie

Vergoeding

  • Die bourekenaar word volgens 'n aanbevole geldeskaal vergoed en die gelde wat gehef mag word is vervat in die Tarief van Professionele Gelde uitgereik deur die Vereniging van Suid-Afrikaanse Bourekenaars.
  • Gelde word normaalweg bereken op 'n persentasie van die waarde van die gelewerde diens en is wisselbaar in ooreenstemming met die tipe en omvang daarvan.

Also available in English

Geskiedenis van die Bourekenaar

Alhoewel die firma Henry Cooper en Seuns van Reading reeds in 1785 gestig is, het die bourekenaar eers aan die begin van die negentiende eeu in Engeland onstaan. Die eerste opgetekende gebruik van die naam "bourekenaar" was gedurende 1859.

Destyds was die bourekenaar in diens van die meesterambagsmanne. Die het hulle werk na voltooiing opgemeet en dikwels eensydige finale rekeninge aan die bouheer voorgelê. As 'n direkte uitvloeisel hiervan het bouheer in toenemende mate werk op kontrak laat doen en het hulle self tenders aangevra voordat die werk deur die aannemers gedoen is. Die gebruik om 'n argitek aan te stel om 'n gebou te ontwerp het toe ontstaan. Tekeninge en spesifikasies is aan uitgesoekte meesterbouers gegee om tenders vir die werk voor te berei. Sodoende is tenders vir die hele gebou as 'n eenheid ingedien instede van afsonderlike pryse vir die onderskeie ambagte.

Akkurate koste-ramings en tenders kan op slegs een manier voorberei word - naamlik deur die hoeveelhede van alle arbeid en materiaal benodig vir die voltooiing van die projek op te meet - oftewel deur 'n Hoeveelheidslys op te stel. Aannemers moes elk hul eie hoeveelhede bereken met die gevolglike verdubbeling van koste en het spoedig besef dat dit meer ekonomies sou wees om een "opmeter" te kry om hoeveelhedenamens hulle almal te bereken. Elkeen het bygedra tot die koste hiervan en het 'n soortgelyke hoeveelheidslys gekry. Benewens die besparing in koste sou hulle nou boonop op 'n gelyke grondslag hulle tenders bepaal.

Gebou-eienaars het weldra gesien dat dit tot hulle eie voordeel sou wees om die "opmeter" aan te stel en te vergoed.

Hierdie ontwikkeling het gelei tot die ontstaan van die professionele bourekenaar.

digitiser

<Home> <CUG> <Public> <Edutech> <Calendar> <News> <Web shop> <Library> <Chat> <Links> <E-mail> <Classifieds> <Search>

+ site created on : 19 May, 1997 + site updated on : 05 May, 2010 +

netgro

The Association of South African Quantity Surveyors hold copyright to all information provided by it for use on the Internet.