The Association of SA Quantity Surveyors
Public Entrance
History
Role of ASAQS
Career as a Q.S.
ASAQS Reports
Code of Conduct
Management
Staff of ASAQS
Building Cost

 

asaqslogo55

 BOUREKENKUNDE 'N UITDAGENDE PROFESSIONELE LOOPBAAN

 

Die bourekenaar vervul die funksie van finansiële en ontwikkelingsraadgewer aan die bou-, konstruksie- en eiendomsontwikkelingsbedrywe. Hy bedien sy kliënte met advies aangaande die optimale benutting van fondse, asook met strategieë ten opsigte van die maksimale aanwending van menslike en fisiese hulpbronne.

PERSOONLIKE ATTRIBUTE

Die bourekenaar moet met persone op alle vlakke skakel - hetsy dit ontwikkelaars, argitekte, ingenieurs, landmeters, regspraktisyns, rekenmeesters, aannemers, onderaannemers, opkomende aannemers en algemene werkers is.

Daar word van die bourekenaar verwag om altyd die hoogste vlak van professionele werkswyse teenoor alle betrokke partye te volg om derhalwe akkurate en billike resultate op projekte te verseker.

Benewens om in 'n private professionele bourekenaarspraktyk te funksioneer, kan die bourekenaar se vaardighede ook in die volgende kringe van die ekonomie aangewend word:

  • konstruksie
  • eiendomsontwikkeling
  • regering
  • finansies

Talle leiers in die sakewêreld is gekwalifiseerde bourekenaars

U kan ook hierdie inligting lees in:
Engels
Sesotho
Xhosa
Zulu

BOUREKENKUNDE is 'n voortreflike loopbaan vir mans en dames wat 'n begeerte het om by die opwindende wêreld van konstruksie en ontwikkeling betrokke te raak.

In omstandighede van snelstygende koste en grootskaalse ontwikkeling is die bourekenaar se rol tans selfs noodsaakliker as tydens die onstaan van die beroep in Engeland in 1785.

 

WAT DOEN DIE BOUREKENAAR NOU EINTLIK?

Tradisionele bourekenaarsfunksies:

  • opstel van uitvoerbaarheidstudies en begrotings van beoogde projekte
  • opstel van hoeveelheidslyste en ander tenderdokumente ten einde billike en redelike tenders vir 'n projek te verkry
  • onderhandeling van boukontrakte
  • opstel van kontrakdokumente
  • kostemonitering en verslagdoening aan kliënt tydens ontwerp- en konstruksiefases van projekte
  • bepaling van die finale projekkosteEiendomsontwikkeling:
  • ontwikkelingsmaatskappye
  • eie inisiatief en ontwikkelingsvaardighede

Boukonstruksie deur groot of klein bou-ondernemings

Nywerheidsontwikkeling:

  • mynbou
  • petro-chemiese aanlegte
  • swaar nywerheid

Gemeenskapsontwikkeling op lokale, streeks- of nasionale vlak by wyse van behuising, dienste en infrastruktuurprojekte in die private en openbare sektore.

Betrokkenheid by enige projek wat rasionele beplanning en programering of finansiële en entrepreneursvaardighede vereis.

Navorsing wat verband hou met bou-/eiendomsekonomie, winsgewindheid van kommersiële beleggings, professionele praktykaangeleenthede, kostevoordeelontleding met betrekking tot die seleksie van boumateriaal en konstruksiemetodes en talle ander gebiede wat vir kliënte van die konstruksiebedryf van belang is.

HOE WORD TOEGANG TOT DIE BOUREKENAARSPROFESSIE VERKRY?

Daar is twee roetes:

  • 'n Heeltydse vierjaar- of 'n deeltydse vyfjaar-B.Sc (QS)-graadkursus aan 'n universiteit
  • 'n Driejaar-diplomakursus wat uitgebrei kan word na 'n B-Tech-graadkursus na 'n verdere studiejaar, aan 'n technikon

Binne beide hierdie toegangsroetes bestaan daar 'n weg vir vordering tot volle registrasie as 'n professionele praktiserende bourekenaar.

'n Tweejaar-korrespondensiekursus waardeur 'n kandidaat as 'n bourekenaarsassistent opgelei kan word, is ook beskikbaar.

Ses universiteite en nege technikons in Suid-Afrika bied kursusse in bourekenkunde aan. Kursusinhoud, taalmedium en toegangsvereistes kan direk by die instellings verkry word.

WAT KAN DIE BOUREKENAAR VERWAG OM TE VERDIEN?

As 'n lid van 'n erkende professie soos geneeshere, argitekte en andere, kan die bourekenaar 'n verdienste verwag in pas met die status van die professie. Substansiële finansiële vergoeding is die beloning van inisiatief, entoesiasme, verbintenis tot die ontwikkeling van persoonlike vaardighede en harde werk.

VERDERE INLIGTING

Verdere inligting is verkrygbaar by die Vereniging van Suid-Afrikaanse Bourekenaars, per telefoon (011) 315-4140, of per faks (011) 315-3785, of skriftelik van Die Direkteur, VSABR, Posbus 3527, Halfway House, 1685 of u kan gebruik maak van ons e-pos fasiliteit hieronder.

 

 

 

 

envelope

Verlang u verdere inligting?

 


<Home> <CUG> <Public> <Edutech> <Calendar> <News> <Web shop> <Library> <Chat> <Links> <E-mail> <Classifieds> <Search>

+ site created on : 19 May, 1997 + site updated on : 05 May, 2010 +

netgro

The Association of South African Quantity Surveyors hold copyright to all information provided by it for use on the Internet.